True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe cover art

Podcast

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

34 episodesLatest May 5, 2026
Recorded in South AfricaAbout South AfricaAfrikaansTrue Crime
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Die stories se tentakels strek van die Wes-Kaap tot by die noordelikste punt van Suid-Afrika se Limpopo provinsie. Misdaad ken egter geen grense nie, en dié potgooi volg Suid-Afrikaanse misdaad verhale ook in ander dele van die wêreld. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!

Episodes — page 2

  1. Die Wemmer Pan reeks moordenaar

    Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geski…

    42:41
  2. Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg

    Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aang…

    41:10
  3. Die preker wat moord as kollekte geëis het

    Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gek…

    42:11
  4. Die Springs Huis van Gruwels

    Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure…

    50:00
  5. Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het

    Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy…

    50:43
  6. Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe

    Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ana…

    36:03
  7. Seisoen 2 bring meer ware misdaad verhale

    Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die…

    00:45
  8. Die Krugersdorp-moordenaars

    Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat…

    01:29:04
  9. Die verdwyning van Natasha Viljoen

    Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar n…

    52:35
  10. Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole

    Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde…

    01:22:13
  11. Die Griekwastad Moorde

    Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein ge…

    01:25:58
  12. Die Engel van Vanderbijl

    In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n…

    39:47
  13. Die Lotter Gesinsmoorde

    Johnny en Riekie Lotter is in 2008 wreed in hulle huis in Westville, Durban, vermoor. Dit het gelei tot die ontrafeling van ‘n verhaal van beheer, okulte gedrag en leuens wat Suid-…

    01:28:11
  14. Splinternuut en eksklusiewe podgooi op JacPod

    As jy hou van ware misdaad verhale, is hierdie 'n podgooi wat jy nie kan mis nie. 'n Eerste ooit vir JacPod, 'n nuwe reeks van ses Afrikaanse episodes waarin ons jou meer vertel oo…

    00:42
Now Playing